Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Spele van die XXXIIIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 2024 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 2024), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIIste Olimpiade, sal tussen 26 Julie en 11 Augustus 2024 in Parys, Frankryk, aangebied word. Dit sal die 33ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 wees. Dit sal ook die derde keer wees dat Parys die spele organiseer na hulle eerste spele in 1900 en daarna in 1924, presies 100 jaar gelede. Daarmee sal Parys naas Londen die tweede stad word, wat driekeer Olimpiese Somerspele aangebied het. Ná die Rugbywêreldbeker 2023 sal die Olimpiese Somerspele 2024 die tweede groot sportkompetisie in Frankryk binne een jaar wees.
Die opening- en sluitingseremonies sal in die Stade de France in Parys plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Somerspele 2024 sal tussen 4 en 15 September in Parys gehou word.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search